Die kombinasie van geroosterde lam, tamatie, olywe en lemoen is een van die lekkerste smaakkombinasies vir die winter. Daar is iets misterieus wat in jou mond gebeur, en ‘n ontwykende smaak wat jou net laat aanjou proe om by die waarheid uit te kom… en dit is presies hier waar die KWV Mentors Shiraz vir ons lig op die onderwerp gooi.

Print Recipe
Lamskenkel-Pastei
Course Main Dish
Servings
Ingredients
Lamskenkel Vulsel
Franse Kapokaartappels
Esdoring Stroop Wortels
Course Main Dish
Servings
Ingredients
Lamskenkel Vulsel
Franse Kapokaartappels
Esdoring Stroop Wortels
Instructions
Lamskenkel Vulsel
  1. Voorverhit die oond tot 180 grade celsius
  2. Braai die lam in die olyfolie om die beurt in 'n groot oondvaste skottel tot bruin aan al die kante
  3. Haal die lam uit en braai die uie tot sag en ligbruin in dieselfde skottel. Voeg die knoffel reg teen die einde by en braai liggies vir 2 tot 3 minute
  4. Sit die vleis terug in die skotte en gooi die rooiwyn oor. Kook totdat die helfte van die wyn weg gekook is.
  5. Gooi nou die tamatie, aftreksel, lemoenskil en sap, roosmaryn en olywe by en geur met 'n paar draaie uit jou pepermeul.
  6. Sit die skottel in die oond en bak vir ongeveer 'n uur en 'n half tot twee ure, totdat die vleis van die been afval en die pansouse verdik het. Verwyder die bene en laat die vleis afkoel, en skep in oondvaste bakkies of een groot bak.
Kapokaartappels
  1. Kook die aartappels tot gaar en druk fyn deur 'n sif.
  2. Verhit die room en botter tot net voor kookpunt en roer vinnig in die fyn kapokaartappels in.
  3. Voeg die twee eiergele by en roer goed deur.
  4. Skep bo-op die velisvulsel en bak teen 180 grade vir ongeveer 30 minute
Esdoring Stroop Wortels
  1. Kook die wortels in water vir omtrent 5 minute en dreineer
  2. Verhit die pan en smelt die botter en stroop saam.
  3. Gooi die wortels en tiemie by en braai vinnig vir 3 tot 5 minute tot goudbruin.
  4. Bedien dadelik.